{CF Gronum Gronum Familiegeskiedenis }
Aankoms aan die Kaap
MA Grönum het geskryf dat AJ Grönum het tydens die Bataafse Tydperk in Duitsland, vanaf Hamburg in Suid Afrika aangekom as huursoldaat en wat aan die slag van Blouberg op 7 Januarie 1806 deelgeneem het, onder aanvoering van Genl Janssens, teen die Engelse. AJ Grönum was, as gevolg van die swak verdediging en optrede van die Duitse Lt-Kol von Prophalow, onder die groepie Duitsers wat nie wou oorgee nie. Hulle het toe gevlug na die Hottentots-Holland area waarheen Genl Janssens se burgers getrek het. Na die oorgawe van die Kaap aan die Engelse Genl Craig, was hy een van die klompie Duitsers wat toegelaat was om in die Kaap aan te bly. Tussen 1806 en 1812 moes hy terug gegaan het na sy Vaderland. Volgens argiewe het hy ‘n reis onderneem per skip, De Zeeploeg, wat in 1812 in die Kaap aangeland het, met skeepskaptein Klaas Stoffels, op pad na Batavia, ‘n Hollandse nedersetting in die Ooste. Sy oom, naam onbekend, het betaal vir die reis en het hy dus die reis aangepak onder die finansiële beskerming van sy oom. By Kaapstad aangekom, om vars proviant te kry, is AJ Grönum ingelig dat sy oom oorlede is. Hy kon dus nie die reis verder aanpak nie en was geforseer om die skip te verlaat. Hy het vervolgens die aansoek ingedien by die Goewerneur om aan te bly in die Kaap, en dit is goedgekeur, wel eers in 1815. Volgens die aansoekbrief om in die Kaap Kolonie agter te bly, gerig aan die destydse Britse Goeverneur van die Kaap Kolonie, Lord Charles Somerset op 5 Desember 1815, dui dit aan dat hy van Bavaria, Duitsland afkomstig is. Sy geboorte datum of hoe oud hy was op daardie stadium, is nie bekend nie.
Beroep
AJ Grönum het gewerk as ‘n slagterskneg vir August Möller in Beaufort-Wes, na sy aankoms in 1812 aan boord van De Zeeploeg. Hy is in 1813 getroud met Johanna Catharina Mienie. Dit is so aangeteken in die kerk argiewe op Graaff-Reinet, wat destyds die naaste kerk was. Beaufort-Wes se gemeente is eers in 1820 gestig. Hy het gebly op die plaas Groenbergsfontein tussen Beaufort-Wes en Fraserburg. Daar is rekord van 2 kinders, Catharina Petronella, AJ Grönum en volgens MA Grönum ‘n derde seun wat kort na geboorte oorlede is. Dit verklaar hoekom hy nie opgeteken is nie. Catharina Petronella is met ene Liebetrau getroud (Duitser) maar is ook kort daarna oorlede.
Burgerskap
Volgens die argiefdokumente, het AJ Grönum aansoek gedoen om burgerskap gedateer 4 Desember 1820 gerig aan die tydelike Goeverneur van die Kaap in daardie tyd, Sir Rufane Donkin. Dit is goedgekeur en onderteken deur J Dennyssen. Sy aansoek het aangedui dat hy al vir 5 jaar toestemming gehad het om in die Kaap te wees, bevestig deur die aansoek toegestaan deur Lord Charles Somerset.
Hospitalisering en Afsterwe
'n Kwitansie is opgespoor gedateer 3 Maart 1823 vir mediese onkostes (shirurgiese prosedure) op AJ Grönum deur Dr S Bailey* en geteken deur die boekhouer van die Somerset Hospitaal, J Williams. AJ Grönum is volgens rekord op 10 Oktober 1831 deur die Kaapse Hooggeregshof as kranksinnig of ‘n “lunatic” verklaar, waarskynlik erge vorm van dimensie of Alzheimer se siekte. ‘n Kurator is aangestel op 31 Oktober 1831 oor hom by name Frederik Stephanus Watermeyer, maar geen rede oor hoekom Watermeyer aangestel is nie. Op daardie stadium was AJ Grönum ‘n pasient by die Somerset Hospitaal in Kaapstad. Hy het waarskynlik daar beland agv sy geestes toestand. Weens geld wat hy belê het, of namens hom belê is, is die koste van die hospitaal gedek, maar Watermeyer moes na sy belange omsien.
AJ Grönum sterf op 15 Augustus 1839 in die Somerset Hospitaal in Kaapstad. Hy is na alle waarksynlikheid ook in die destydse begrafplaas langs die hospitaal begrawe, waar meeste van die hospitaalsterftes begrawe is. Ongelukkig is daar geen rekords hiervan nie, aangesien die begrafplaas intussen toegebou is. Watermeyer is as die eksekuteur van sy boedel aangestel deur die Hooggeregshof op 3 Oktober 1839. Baie interessant, dat daar ‘n testament opgetrek en geteken was deur AJ Grönum en opgespoor is in London gedateer 12 Augustus 1825. In die testament is gladnie aangedui dat hy naasbestaandes in Suid Afrika gehad het nie. Per implikasie beteken dit dat hy vroeg 1820’s London toe gegaan het. Die likwidasie en verspreiding van sy boedel is afgehandel 23 Julie 1846 en die balans van sy boedel, na alle kostes, is gelykop verdeel tussen sy 2 susters in London, Rosetta en Zortel Grönum. Die bedrag was 331-10-9 Pond-sterling. Hy moes dus vervreemd geraak het van sy familie in Suid Afrika, dalk weens sy geestes toestand.
* Dr Bailey was die strigter van die Somerset Hospitaal. Hy het in 1816 die Gowerneur van die Kaap Lord Charles Somerset genader vir offisiele ondersteuning van die projek. Dr Henry Bickersteth het in 1832 by Dr Bailey oorgeneem and bestuurder.
https://scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0256-95742010000600012
Sekwestrasie 7 Desember 1826 te Kaapstad.
[AG Smith] In boonste paragraaf is vewysing na boedel, tog is daar die verwysing na n sekwistrasie.
Cape of Good Hope Government Gazette 1826
Cape of Good Hope Government Gazette 1826 - 4 - October - December Friday, October 6th, 1826. Vol. XX1, No. 1082. "SALES BY THE SEQUESTRATOR TO THIS GOVERNMENT"
"Thursday the 7th December, at the Sequestrator’s Stores, Church-square: The Lunatic Anthony GRONUM, 203 Seal Skin Caps, 33 Cloth ditto, 30 Bundles Boot Legs, 41 Pair Cotton Braces, 40 Canisters of Peppermint and Ginger Lozenges.
On the same day and place, the following Goods, viz. a Carpenter’s Bench, empty half Aums, a quantity of Spirits in case-bottles, Fire Arms, Clothing, and various other Articles, decreed by the Worshipful the Court of Justice, by Resolution dated 9th November last, to be publicly sold ad opus jus habentium."
{AG Smith: There is a new paragraph in the reference, but no new name associated with the sale of the other goods. Could these be Gronum's or just other goods with no owners associated?}
https://www.eggsa.org/newspapers/index.php/cape-of-good-hope-government-gazette/cape-of-good-hope-government-gazette-1826-4-october-december
Die Smith en Gronum geskiedenis kruis by Somerset Hospital
Dr Hugh Smith was Dr by Somerset Hospital en stigter van die dermatologie departement in 1922.
He then went into partnership with Sir Alfred Edward Thomson at Cape Town, and a few years later determined to specialize as a consulting physician, being amongst the first to do so in South Africa. He obtained a large consulting practice, which extended throughout the province, and from 1902 to 1919 was honorary physician and consulting dermatologist to the Somerset Hospital.
The Dermatology service was established in 1922 at Somerset Hospital by Dr Hugh Smith, a physician. He was 1st appointed lecturer in department.
He was also president of the Medical Congress which met in Cape Town in 1921.
https://myfathersfather.co.za/tree/tree1/individual/X1215/Hugh-Smith