Kmdt. Jan Hendrik Olivier, 18031890 (aged 87 years)

Name
Kmdt. Jan Hendrik /Olivier/
Type of name
birth name
Given names
Kmdt. Jan Hendrik
Surname
Olivier
Note: https://www.geni.com/people/Kmdt-Jan-Olivier/6000000041116124199
Birth
Birth of a son
Death
December 15, 1890 (aged 87 years)
Address: Roodepoort
Kmdt. Jan Hendrik Olivier + … …
himself
18031890
Birth: October 29, 1803Cradock
Death: December 15, 1890Burgersdorp
son
18491899
Birth: May 28, 1849 45 Burgersdorp
Death: December 10, 1899Burgersdorp
Name

https://www.geni.com/people/Kmdt-Jan-Olivier/6000000041116124199

Note

https://www.geni.com/people/Kmdt-Jan-Olivier/6000000041116124199

Note

Die eerste eienaar van die plaas Rooipoort (vgl Rooiwal), was Jan Hendrik Olivier. Hoewel nie 'n gekwalifiseerde landmeter nie was Olivier baie bekwaam en het groot dienste gelewer met die opmeet van plase en hiervoor het die regering hom dan ook beloon deur aan hom die plaas ten geskenke te gee. Hy het fluks vooruit geboer en en het later 10 000 morgen grond besit. In sy tyd was die wêreld nog so woes en onherbergsaam dat 'n leeu een van sy werkers helder oordag gevang en opgevreet het.

Hy was bekend as 'n onverskrokke krygsman en het die bynaam gekry van Jan Kommandant. Kmdt Olivier was bevriend met Sir Harry Smith, saam met wie hy telkens aan veldtogte deelgeneem het. Na die slag van Boomplaas het Sir Harry 'n tydjie op Rooipoort by die Kmdt kom kuier. Kmdt was die vader van vele kinders. Hy was 3 keer getroud en en het 35 kinders grootgemaak. Die jongste Daantjie van "fathers Home" het stellig 'n rekord geslaan deurdat hy op 6 jaar nog nie gespeen was nie! Na die dood van sy tweede vrou het Jan Kommandant in twyfel verkeer of hy met 'n weduwee of 'n jong meisie moes trou. Hy het die probleem as volg opgelos: Een van sy seuns moes 'n jaaroud ooilam honderd tree van die kraalhek los. Van die punt moes die kmdt die lam agerna sit. Vang hy haar voordat sy deur die kraalhek is dan sou hy met die jong meisie trou, as hy egter faal was die weduwee sy voorland ! Soos 'n naelloper het die kmdt die lam agterna gesit en en net voordat sy die hek wou ingaan het hy haar gevang. Die saak was opgelos. Hy het met die agtienjarige Hessie de Klerk getrou. Telkens as daar 'n kind gebore word het hy sy seuns en en werkers bevel gegee om die damwal 'n voet hoer te maak "want daar het weer 'n eter bygekom!"

Die ou Kmdt kon baie driftig word. Dit word vertel dat hy op 'n sekere middag tuis gekom het en omdat sy werker nie betyds was om hom van sy perd te tel nie hy dwarsdeur sy huis gery. Toe hy in 'n sekere saak getuienis moes aflê en die prokureur hom begin kruisvra het oom Jan hom gewaarsku om nie "tussen my bene soos 'n mak meerkat in te voeter nie".